Na Carla Eloff se man se dood is sy so arm soos 'n kerkmuis en moet reg van vooraf begin. Sy trek na 'n mikroklein huisie op 'n vlieglandgoed. Sy het nou wel nie 'n vliegtuig nie, en die plek is doer ver uit die stad, maar die huur is bekostigbaar. Vir 'n inkomste bou Carla deesdae webwerwe vir mense met medium tot klein ondernemings. Haar stokperdjie is om oulike potjies met semen ten papier te maak.
Wanneer haar 'landlord' Divan Kaap toe gaan vir vakansie is sy bietjie bekommerd. Sy is besig om vir sy tuindienste besigheid 'n webwerf te maa ken as hy haar nie betaal nie, kan sy nie die huur van haar huisie betaal nie. 'n Bose kringloop, jy weet.
Maar meer boos is die aantreklike man wat vir Divan werk en die gras moet kom sny voordat hulle die 'topsoil' kom aflaai. Hy vertel vir haar webwerwe is geldmors!