€2,62
Seker een van Kilian & Malherbe se beste kortverhaalbundels nog. Anzel Mans kry dit moeiteloos reg om die leser deurgaans te laat glimlag, sonder om die storielyn afgesaag te maak. Elke nuwe storie is eietyds maar uniek. Voorwaar een van nog min skrywers wat die leser se aandag behou sonder om kru skoktegnieke te gebruik. Haar skryftegniek sal die kortverhaalgènre beslis laat voortleef.
"Doopdikkedensie" is seker díe storie wat my tot in die kleintoontjie gekielie het. Moet ook nie "Die rooi bankie" en "Lente" misloop nie. Dit laat mens bietjie twee keer dink. Die slotverhaal hou nogal 'n verrassing in.. ietsie anders na die volgehou humor en die tong in die kies.