Jonnie: Inleiding
Jonnie is 8 jaar oud. Sy sussie Susan is 6 jaar oud. Die kinders het albei hul ouers verloor tydens die Covid-19 pandemie. Na die dood van hul ouers, het die kinders by hulle grootouers gaan woon op ñ klein plasie in Limpopo in Suid Afrika. Saam met hulle op die plaas, woon ñ hele klomp interressante diere, insekte en slange.
Die karakters in die verhaal is fiktief. Hulle beleef egter die herkenbare simptome en fases van ñ normale rouproses na ñ groot verlies.
Die verhaal is ontspannend, asook opvoedkundig vir kinders tussen 6-10 jaar oud. Dit bied ook leiding aan opvoeders om die aspekte van die rouproses by kinders te erken en te help bestuur. Die verhaal gee ook ñ blik in die lewe van ñ Christelike familie wat verlies moet hanteer en verwerk.
Hierdie is Boek 2 in die reeks: "Jonnie en Susan" (1.7Mb)