"Herman Charles Bosman – 'My Vader Onthul?' " is 'n merkwaardige boek, plek-plek met ooreenkomste aan 'n speurverhaal, en 'n waardevolle toevoeging tot die biografieë en ander werke wat reeds oor Bosman geskryf is. Dit ontbloot sy vader en bied ook insigte in die lewens en optrede van sommige van sy familielede en sluit 'n gallery van foto's wat boekomslae, kunswerke en dokumente in.
Daar bestaan nie 'n geboortesertifikaat vir die skrywer en kunstenaar Herman Charles Bosman nie.
Kan jy jouself indink hoe Bosman moes voel toe sy moeder hom vir die eerste keer by die skool wou inskryf, en sy die afwesigeid van 'n geboortesertifikaat met verskillende verskonings en 'n rooi gesig moes verduidelik. Dit terwyl sy mede-skoliere lag en skerts en hom terg met die woorde dat hy nie gebore is nie!
Hierdie tipe van gebeure het 'n verpletterende effek op Bosman gehad. "Hoekom word ek nie as 'n doodnormale mens erken en my lewe geregistreer nie? Ek weet ek was 'n onbeplande liefdeskind, maar ek is nogtans mens en verdien erkenning soos elke ander mens?" Hierdie miskenning wat Bosman van vroeg af ervaar het, het grootliks bygedra tot 'n moontlike minderwaardigheidskompleks wat baie gebeure in Bosman se latere lewe, soos sy Boheemse leefstyl, sy veelwywery en ander komplekse gebeure kan verklaar. Het dit bygedra tot sy skeptiese lewensuitkyk, sy agnostisisme, sy beledigende en neerhalende optrede teenoor ander en selfs die manier waarop hy vroue behandel het? Waarskynlik ja. Dit lyk asof dit ook sy algemene nie-konformering met 'n geordende samelewing teweeg gebring het.
Angie Childs, 'n kleinkind van Elisa se broer Charles, het die skrywer van hierdie boek meegedeel dat aangesien die Malans 'n vooraanstaande en kerkvaste familie was, hulle Bosman se leefstyl en veral sy onchristelikheid en dat hy gelyk met twee vroue getroud was, verag het. Hulle het na hom verwys as 'n "vrugtekoek" moontlik met 'n gesplete persoonlikheid.
Nogtans kon Bosman op verskeie maniere sy ongelukkige agtergrond te bowe kom en van die werklikheid ontsnap deur in die fantasie wêreld van die skryfkuns te ontsnap, wat hom groot erkenning as 'n skrywer, selfs op intenasionale platforms, gegee het, waarvoor ons hom eer en met groot lof bedank. Van sy skryfwerk is permanent in druk regoor die wêreld.
Om uitdagings te oorkom en uit te styg soos Bosman dit reggekry het, soms in uiters moeilike omstandighede, spreek boekdele vir die karakter, strewe, doelgerigtheid, insig en gawe van hom, wat ons moet eer en respekteer.
Baie mense in die binnekring van Bosman het hulle pligte teenoor hom versuim, veral tydens sy kinderjare. In hierdie boek sal die leser kennis maak met sommige van hulle en hulle onvanpaste optrede, selfs tot op die punt waar die skrywer, na jare se intensiewe navorsing, Bosman se waarskynlike vader kon identifiseer en onthul.
"Herman Charles Bosman – Sy Vader Onthul?" is 'n merkwaardige boek, plek-plek met ooreenkomste aan 'n speurverhaal, en 'n waardevolle toevoeging tot die biografieë en ander werke wat reeds oor Bosman geskryf is. Dit ontbloot sy vader en bied ook insigte in die lewens en optrede van sommige van sy familielede en sluit 'n gallery van foto's wat boekomslae, kunswerke en dokumente in.